LEERPROGRAMME

LEERPROGRAMME


Daar moet vir elke graad, per kwartaal 'n leerprogram bestaan om gebruikers in staat te stel om die leerprogramme op te stel by My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling.
Die bestaande lys leerprogramme kan volgens hul status gefiltreer word. Een of al hierdie leerprogramme kan vertoon word: Aktief, Onaktief en / of Uitgevee.
Skole wat van d6 Connect gebruik maak, kan hier aandui wanneer die punte per kwartaal vrygestel moet word sodat ouers dit kan sien.

Bestaande leerprogramme

Besonderhede van die bestaande leerprogramme word in die volgende kolomme vertoon:

Alias Afr / Eng: Naam van die leerprogram in Afrikaans en Engels.
Kurrikulum: Die gekose kurrikulum vir die graad per kwartaal. As 'n skool verskillende leerplanne saam wil gebruik, kontak Ondersteuning om die opstelling te help
Graad: Die graad wat bo-aan die bladsy gekies was.
Skaalstel: Die skaalstel wat gebruik word om puntvlakke aan te dui. Bv. 7-1 vlak
Kwartaal: Die spesifieke kwartaal wat opgestel is.

Voorafopstelling
  1. d6 bied 'n vinnige manier om jou kurrikulum op te stel met al die vereiste take, assesserings en gewigte volgens die KABV-vereistes vir die huidige jaar. Die vereistes word deur die DVO verskaf gedurende die eerste kwartaal van elke jaar in die vorm van 'n SA-SAMS 'patch' . Sodra hulle dit vrystel, kan ons voorafopgestelde  kurrikulum opgestel word. Hou ons Stelselkennisgewings dop om te weet wanneer dit beskikbaar is.
  2. Kies dan die toepaslike Voorafopstelling (Preset) te kies as u daarvan gebruik wil maak. As u niks aandui nie, sal u u eie take, assesserings en gewigte per graad, per vak moet opstel by Leerprogramopstelling. U sal ook nie die Promosiepunt formules kan opstel met die druk van n knoppie nie, maar sal dit self vir elke vak per graad moet opstel om die slaag/druipuitslae vir leerders aan die einde van die jaar te bereken.
  3. Nadat u 'n Voorafopstelling gekies het, is dit steeds moontlik om die take en assesserings te verander. Dit sal egter beteken dat u dan self die Promosie Formules vir daardie vak sal moet opstel.
    BELANGRIKWanneer u die Voorafopstelling (Preset) vir 'n kwartaal kies, sal alle punte wat reeds vir die spesifieke kwartaal ingevoer was, uitgevee word. Dit is dus raadsaam om vir die Voorafopstelling te wag voordat punte vir  Kwartaal 1 ingevoer word.

Promosie-berekeningsmetode: Die promosie berekeningsmetode volgens die gekose kurrikulum.

Endossement-berekeningsmetode: Die endossement berekeningsmetode vir grade 10 -12 volgens die gekose kurrikulum.

Status: Die status van die spesifieke leerprogram. Geskrapte leerprogramme sal in rooi vertoon. Onaktiewe programme kan op enige stadium weer geaktiveer word.

Punte gesluit:  Wanneer die punte vir die kwartaal gefinaliseer is, sluit die punte vir die kwartaal. Geen veranderings sal daarna aan punte gemaak kan word, tensy die punte weer ontsluit word nie.  Wanneer die punte gesluit is, sal dit ook met die korreke opstellings uitvoer na SA-SAMS.

Connect-punt vrystellingsdatum: Kies 'n datum per kwartaal wanneer die punte beskikbaar sal wees vir ouers om  in d6 Connect te sien. Wanneer geen datum ingevoer word nie, sal die punte nie vertoon word nie. Hierdie datums moet elke jaar aangedui word.  Vyf dae voordat die punte vrygestel word, sal 'n taak vertoon word om die skool te waarsku dat die punte binnekort vir ouers beskikbaar sal wees.. 

Berekeningsmetode:  U het n keuse hoe die finale kwartaal punte bereken word.
  1. Oorspronklik (d6 metode)
    Taakpunte word bereken met desimales behou, en slegs die finale vakpunt word afgerond.
  2. SA-SAMS (alle vakke)
    Taakpunte word bereken en afgerond. Dan word die afgeronde punte gebruik om die vakpunt te bereken, wat weer afgerond word.
  3. SA-SAMS (Slegs DOE vakke)
    Die bg. metode word toegepas net op ampltelike DOE vakke.  Nie-DOE vakke word volens die oorspronklike metode bereken.
Die effek van u keuse:
  1. Indie u punte uitvoer na SA-SAMS en dit belangrik is dat die punte op die d6 rapport en skedules presies ooreenstem met die punte en skedules wat in SA-SAMS bereken word, kies een van die SA-SAMS metodes.
  2. Indien u besluit op die Oorspronklike d6 metode, mag enkele punte met 1% verskil van die in SA-SAMS, as gevolg van hulle afrondings metode. As dit nie vir die skool saakmaak nie, kies die Oorspronklike metoda (wat volgens d6 meer korrek is). 

 SKEP ‘N LEERPROGRAM

  • Voeg nuwe by.
  • Dui die jaar aan wat opgestel moet word.
  • Kies die Kwartaal(e) wat geskep moet word.
  • Kies die graad wat opgestel moet word.
  • Kies die skaalstel wat gebruik moet word. Bv. 1-7 vlakke. As u verskillende skaalstelle wil gebruik, bv. ABC, 1-4, ens. kontak Support vir hulp.
  • Kies die kurrikulum om te gebruik. As u skool twee verskillende leerplanne gelyktydig wil gebruik, bv. CAPS en Cambridge / Islam, kontak Support vir hulp.
  • Indien u van 'n vooraf opgestelde kurrikulum gebruik wil maak, kies 'n spesifieke CAPS-jaar (volgens die DOE-vereistes). As u verkies om u eie leerplan op te stel, kies "Geen voorafopstelling".
  • Verander die Afr / Eng alias name indien verkies. Hierdie Alias-name word elders in die stelsel vertoon waar die kurrikulum gekies moet word.
  • Die betrokke Promosie-berekeningsmetode sal outomaties gekies word. Kontak Support vir hulp as u 'n unieke berekeningsmetode en -reëls wil opstel.
  • Kies die Berekenings metode.
  • Klik op die Stoor-knoppie onderaan die skerm.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • LEERPROGRAM OPSTELLING

      My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die ...
    • Kopieering van leerprogramme

      Die opstel van die kurrikulum vir 'n hele jaar is 'n groot taak. In d6 + is daar twee benaderings hiertoe. Vir skole wat die CAPS leergang volg, word voorafopstellings voorsien gebasseer op die SA-SAMS-leergang wat deur die DOE vir 'n jaar vrygestel ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • PUNTE INSLEUTELREGTE

      My Skool > Kurrikulum > Insleutelregte  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.   Hierdie funksie beheer die punte insleutelregte. Dit kan per personeellid of vir spesifieke vakke en vakgroepe opgestel word.  Wie kan insleutelregte toeken? ...