Terreinplan en Lokale

Terreinplan en Lokale


Hoe om terreinplanne en lokale by te voeg

  • Kliek op die "voeg by" knoppie om 'n inskrywing by te voeg.
  • Wanneer jy ‘n lokasie onder ‘n ander lokasie wil skep moet jy eers die lokasie kliek om onder hom te skep.  Kliek op die "Voeg by" knoppie.
  • Neem kennis dat onaktiewe lokasies in oranje sal vertoon.
  • Kies die area se oorsprong by "Area Oorsprong"
  • Sleutel die naam vir die area vir beide Engels en Afrikaans in by naam blokkies.
  • Kies die status van die area by "Status". Kies tussen Aktief, Onaktief of Geskrap.
  • Merk die merkblokkie by "Klaskamer" om aan te dui of die area 'n klaskamer is of nie.
  • Indien jy by die Klaskamer merkblokkie gemerk het, kies die klaskamer in hierdie area wat in die onderstaande afdeling sal vertoon.
  • Sleutel die area in vierkante meter in by "Area" .
  • Sleutel die vertoonorde in by "Vertoonorde" . Hierdie sal bepaal in watter volgorde die items onder elke oorsprong sal vertoon. "0" is die eerste orde, met "1" en "2" ens. wat die tweede en derde ordes is, ensovoorts.
  • Merk die merkblokkie by "Karteer Area" om 'n kaart te vertoon waarop u die area op die kaart kan karteer.
  • Indien jy by die "Karteer Area" merkblokkie gemerk het, beweeg oor die kaart deur te kliek en te sleep met die linker-muisknoppie. Vergroot en verklein die kaart deur die skuifbalk wat aan die linkerkant geleë is te gebruik. Karteer nou die hoeke van die area deur te begin kliek op die eerste hoek en deur te eindig by die hoek waarby jy begin het. Die versameling sal in groen soos per die uitgeligte area vertoon.
  • Kliek op die "Verwyder Area Van Kaart" knoppie om die area van die kaart te verwyder.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderinge te stoor.

Hoe om terreinplanne en lokale te wysig

Kies die beskrywing wat jy wil wysig en kliek op die "wysig inskrywing" knoppie
  • By die kaart sal jy drie moontlike kleure sien:
  1. Rooi inskrywings dui die oorsprong se area aan. Die area wat jy karteer moet nie buite die oorsprong se area wees nie.
  2. Blou inskrywings dui die verwante areas aan. Hierdie areas is op dieselfde vlak as die een wat jy karteer. Hulle moet nie mekaar oorvleuel nie.
  3. Groen inskrywings dui die huidige area wat jy karteer aan. Hierdie behoort binne die oorsprong se area te wees en moet nie die verwante areas oorvleuel nie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd



    • Related Articles

    • Bates Oorsig

      My Skool > Bates Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat die gebruiker toe om 'n bateregister op te stel vir die skool onder die volgende opskrifte: Bate Kategorieë Besigtig of druk die lys van bate kategorieë. Die lys ...
    • Bestuur Ingevoerde Bates

      Hoe om ingevoerde bates se beskrywing te wysig Kies die eienaar van die bate by "Eienaar" Kies die area van die bate by "Area" Om die batelys te filtreer, kan jy die bate beskrywing in die Soek veld intik en dan kliek op die "soek" knoppie. Kliek op ...
    • Intrek Van Bates

      Met hierdie funksie kan die gebruiker bates vanaf ‘n Excel spreiblad in die stelsel intrek. Maak asseblief seker dat wanneer jy die Excel spreiblad weer inlees, dat jy nie dieselfde bate hoeveelhede inlees dat dit die totale vermeerder nie. Lees jou ...
    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...
    • Doen en Late

      My Skool > Leerders > Doen en Late Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Leerder doen-en-late fasiliteer die hantering van laat-kommers, leerders wat vroeg verlaat en leerders wat sekere tye van die dag mis. Dit dien as ‘n skakel ...